Ek het gedink aan iets soos die, veral die dak gedeelte

toe kom ek op die fotos af van iemand in Natal, so as dit iemand op die forum is hoop ek ek het jou toesteming vir die gebruik van jou fotos.

maar ek wil hê die boot moet opbly, soos ek hier in geteken het

ek sal graag die kappie meer rond wil hê soos die kar op die eerste fotos se dak.
Ek het darm nou al gevorder op die veld van met veeselglas werk, maar is nog vêr daaaaaaaaaaar van om self so iets te doen. Weet julle van iemand in die Wes-Kaap wat so iets sal kan doen?