Dit is 'n plakker vir die voorgestelde druk van die lug binne die bande van die voertuig.
Om rede dit 'n kommersiele voertuig is wat geskik is vir vervoer van beide vrag, en passasiers, sal jy opmerk dat die banddruk vir die voorste wiele ietwat minder is as agter.
Om rede die voertuig ook bestaan uit 'n konfigurasie waar die enjin agter die voertuig gemonteer is, behoort dit voor die hand liggend te wees dat die agterste bande as sulks meer gewig sal dra as die voorste bande.
Dit is verassend om te sien dat die vervaardiger van die voertuig juis spesifiseer dat die banddruk koud geneem moet word. As 'n mens in ag neem dat die voertuig terugdateer uit toeka se dae (heelwaarskynlik kort na die vorige Ystydperk, en ook so 17 verskynings van Halley se komeet terug), is dit onverstaanbaar dat hedendaagse voertuigbestuurders steeds hulle banddruk neem as die wiele warm is. Dit is egter maar eers in onlangse tye wat wetenskaplikes tot die ontdekking gekom het dat lug direk eweredig uitsit met 'n verhoging in temperatuur, 'n feit wat sedertdien as 'n 'natuurwet' herdoop is.
Dit is voor die hand liggend dat 'n lesing met warm lug, wesenlik sal verskil van 'n lesing met koue lug, uitgedruk as KiloPascal
